Met J.C. Steyn en Afrikaans – ’n viering huldig ’n aantal bekende (Afrikaanse) taal- en letterkundiges en digters vir J.C. (Jaap) Steyn aan die begin van die negende dekade van sy lewe, maar ook die taal wat hy met sy lewenswerk gedien het. In veral die vakkundige bydraes word sy akademiese werk – as taalkundige, taalhistorikus, biograaf, digter en kreatiewe skrywer – belig. Die afwisseling van taalkundige, letterkundige en skeppende bydraes wil iets weergee van die verskeidenheid van Jaap Steyn se lewenswerk. Die briefwisseling tussen Steyn en prof. Elize Botha (1973 tot 1991) is die enigste plek waar Steyn self uitvoerig aan die woord gestel word. Dit betref ’n tydperk waarin van sy belangrikste werksaamhede as kreatiewe skrywer plaasgevind het. Steyn se briewe getuig van sy gebruiklike deeglikheid, maar ook van sy eiesoortige taalvernuf, persoonlike nederigheid en oopheid vir kritiek. In baie van die skeppende bydraes word juis op hierdie persoonlikheidseienskappe gefokus én op die onvermydelike sloping wat die ouderdom meebring. Dit is opvallend dat baie van die taalkundige bydraes aspekte belig waaroor Steyn self uitvoerig gepubliseer het en soos ’n goue draad loop deur sy taalkundige werk: die geskiedenis van Standaardafrikaans en die stryd om die erkenning van Afrikaans as selfstandige, amptelik erkende, en deeglik gestandaardiseerde taal, asook die fokus op identiteit, taalverandering en taalhouding. In letterkundige bydraes weer is dit opvallend hoeveel daarvan konsentreer op die “grens-gegewe”: selfdoding, die periferale situasie van homoseksuele en bejaardes, die komplekse verhouding tussen outeur en karakter in die biografie, kultuurgrensoorskrydings en grensdeurbreking op die terreine van die narratologie en genre


    Access

    Download


    Export, share and cite



    Title :

    J.C. Steyn en Afrikaans : n Viering


    Contributors:

    Publication date :

    2019


    Size :

    1 Online-Ressource (332 p.)



    Type of media :

    Book


    Type of material :

    Electronic Resource


    Language :

    Unknown


    Keywords :


    J.C. Steyn en Afrikaans : n Viering

    van Coller, H.P ;Van Niekerk, Angelique ;Odendaal, Bernard | GWLB - Gottfried Wilhelm Leibniz Bibliothek | 2019

    Free access

    Titel afrikaans

    Olckers, M.J. / De Wet, J.A. | Tema Archive | 1975