Gedurende die jare 1882-1883 was Noordoos- Transvaal die toneel van 'n bloedige oorlog tussen die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Ndzundza- Ndebele, beter bekend as die Mapochstam of die Mapoggers. Die Ndzunda-Ndebele, vandag die bewoners van die nasionale staat KwaNdebele, is wat hul geskiedenis betref een van Suid-Afrika se minder bekende maar tog een van die interessantste stamme. Weens die feit dat die Ndzundza Nguni-sprekend is, word hulle dikwels verkeerdelik met die nasate van Mzilikazi in verband gebring. Die Ndzundza het hul moontlik so vroeg as die vroee sestiende eeu in Transvaal gevestig, waar hulle reeds vir meer as twee eeue was toe Mzilikazi sy plundertog deur die Transvaal onderneem het.2 Oor al die eeue heen het die Ndzundza, ten spyte van kulturele be'invloeding deur die Sotho, hul taal en vernaamste kultuureienskappe behou


    Zugriff

    Download


    Exportieren, teilen und zitieren



    Titel :

    DIE MAPOCH-OORLOG,1882-1883


    Beteiligte:


    Erscheinungsdatum :

    2012




    Medientyp :

    Aufsatz (Zeitschrift)


    Format :

    Elektronische Ressource


    Sprache :

    Unbekannt




    Oorlog van de Bussen

    Castaeda-Hernandez, G. / Hoyo-Vadillo, C. / Herrera, J. E. | British Library Online Contents | 1995